Stel jy belang om Teologie te studeer maar weet nie by watter baan jy inpas of waar om te begin nie, kontak gerus vir
Amanda van Niekerk by toerusting@kaapkerk.co.za om ‘n afspraak te maak.

Hiermee algemene inligting ten opsigte van Teologiese opleiding in die NG Kerk:

Hoe om die “Flip Book” te gebruik…

Kies die baan wat by jou roeping pas en beplan jou roepingspad…

Bedienaars

Lidmate met ‘n roeping vir ‘n spesifieke bedieningsarea. Ontvang opleiding om met meer bekwaamheid en vaardigheid diens te lewer.

Diensleraars

Geroepenes wat hulle bekwaam om as diensleraars in ‘n toegespitste area van die bediening saam met en onder leiding van ‘n gemeenteleraar/predikant diens te lewer.

Standplaasleraars

Leraars wat opleiding ontvang vir ‘n spesifieke missionale konteks en gelegitimeer is om daardie spesifieke kontekts te kan bedien (soos bv. dowebediening).

Predikante (Voltyds)

Geroepenes wat deur middel van voltydse residensiële studies hulle bekwaam as gemeenteleraars. Of, geroepenes wat as tweede loopbaan studente hulle bekwaam as gemeenteleraars.