VOLTYDSE LERAARS

Die Fakulteit Teologie is ‘n ekumeniese fakulteit wat akademiese opleiding in Christelike teologie volgens verskillende konfessionele oortuigings en kerklike tradisies bied. Die Fakulteit het in 1963 ontwikkel uit die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) se Kweekskool wat in 1859 gestig is. Dit is ‘n oop fakulteit en lei per ooreenkoms predikante op vir die volgende denominasies:

• Nederduitese Gereformeerde Kerk (NGK)
• Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika (VGKSA)
• Uniting Presbyterian Church in Southern Africa (UPCSA)
• Anglican Church of Southern Africa (ACSA)
• Volkskerk
• United Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (UELCSA)

Die Fakulteit Teologie is een van die kleinste fakulteite aan die Universiteit. Dit is egter ‘n gasvrye, energieke en kreatiewe fakulteit waarin wetenskaplike teologie met integriteit beoefen word.

Die akademiese aanbod, met Christelike gereformeerde teologie as uitgangspunt, het verbreed sedert die Jeugwerk-program en die nuwe kurrikulum ingestel is wat ‘n groot verskeidenheid van opsies vir voorgraadse studente ten opsigte van onderrig en navorsing bied. Die Fakulteit se verskeidenheid van voor- en nagraadse programme akkommodeer ‘n breë spektrum van studente uit uiteenlopende gemeenskappe, kerke en lande.

Vir enige navrae:

Dekaanskantoor
Marieke Brand
Tel: 021 808 3255
E-pos: mariekeb@sun.ac.za

Fakulteitsadministrateur
Shirle Cornelissen
Tel: 021 808 4850
E-pos: shirle@sun.ac.za